Statistiek vir Suid-Afrika soos op 17-01-2021: Infeksies: 1325659, Sterfgevalle: 36851
Vlak 3 geld vanaf Dinsdagoggend 29 Desember 2020. Dit is op 11 Januarie 2021 uitgebrei en duur tot verdere kennisgewing.
1. DIE WET
Suid-Afrika is vanaf Dinsdagoggend 29 Desember 2020 weer terug op Vlak 3.
Lees Staatskoerant 44044 (29 Desember 2020) hier: PDF
Lees Staatskoerant 44066 (11 Januarie 2021) hier: PDF
Van die belangrikste reëls is:
- Die aandklokreël geld tussen saans om 21:00 (nege uur) en 5:00 (vanaf 12 Januarie 2021). Restaurante moet reeds om 20:00 sluit!
- Begrafnisse is beperk tot 50 mense wat elkeen 1,5 meter van mekaar moet sit. Die byeenkoms mag nie langer as twee ure wees nie. Geen tee na die diens nie! [Sien Artikel 35(3)].
- GEEN eredienste of ander geloofsgebaseerde byeenkomste nie [Sien Artikel 36(3)].
- Alkohol mag nie verkoop of vervoer of in openbare plekke gedrink word nie. Wynproe op wynplase is verbode [Sien Artikel 44]. Dit geld ook vir enige ander alkohol.
- ALLE strande, damme, mere, riviere en openbare parke is gesluit. Staatskoerant 44066 verduidelik mooi wat ’n strand is.
- Maskers moet ten alle tye in die openbaar gedra word.
- Huwelike: Aangesien geloofsgebaseerde en alle sosiale byeenkomste onwettig is, moet aanvaar word dat trouseremonies (egpaar en gaste) onwettig is. Daar is takke van die Departement van Binnelandse Sake wat aandui dat huweliksbevestigers wel ’n huwelik kan voltrek. Slegs die huweliksbevestiger, die egpaar en twee getuies mag egter teenwoordig wees. Die huwelik sal eers later geregistreer kan word, aangesien die registrasie van huwelike by die Departement tans opgeskort is. Sien Netwerk24 van 14 Januarie 2021: Netwerk24
LET WEL: Huweliksbevestigers word ten sterkste aangeraai om by hulle plaaslike tak van die Departement van Binnelandse Sake (daar waar hulle lêer is) seker te maak van die spesifieke tak se interpretasie van die regulasies. - Skole: Skole open nou eers op Maandag 15 Februarie 2021.
2. NOODNOMMERS
Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes | 080 002 9999 |
060 012 3456 | |
Suid-Afrikaanse Polisiediens | 086 001 0111 |
Tygerberg Hospitaal | 021 938 4911 |
Water en Sanitasie | 080 020 0200 |
Nasionale Krisislyn | 086 132 2322 |
Onwettige prysverhogings | 080 014 1880 |
Geslagsgeweldnoodlyn | 080 042 8428 *120*7867# |
Presidensiële blitslyn | 17737 |
3. SPESIALE HULP VAN DIE NG KERK IN SA
Finansiële hulp is beskikbaar vir gemeentes (nie vir gemeentes wat verwag dat hulle gaan swaarkry nie, maar vir gemeentes wat reeds swaarkry!): PDF
4. RIGLYNE, OMSENDBRIEWE EN GEBEURLIKHEIDSPLANNE
- Riglyne vir die hou van digitale vergaderings: Riglyn; Zoom of GoToMeeting
- Cas Wepener se riglyn oor virtuele sakramente: Sakramente
- Badisa se Algemene Riglyn: Badisa Riglyn
- CABSA se vyf riglyne: CABSA
5. BRUIKBARE VIDEO’S
Daar is letterlik honderde video’s beskikbaar oor Covid-19 en die pandemie. Klik maar net “Corona” of “Covid-19” op YouTube en jy sal jou hele kwartantyntydperk genoeg video’s hê om na te kyk. Onderstaande is een van die beter videos. Dit som die verskillende aspekte mooi op en die grafika is goed. Dit is aflaaibaar (58 MB) MP4
6. BRUIKBARE PLAKKATE
- Wes-Kaap se Regering (in drie tale): PDF
- Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se riglyn om hande te was: PDF
- Alexander Forbes het twee oulike plakkate (in Engels): PDF
- Badisa: Infografika oor Covid-19: PDF
- Badisa: Noodnommers wat gebel kan word: PDF
- Badisa: Nota aan besoekers om hulle hande te was: PDF
- Badisa: Herinnering aan almal om hande te was: PDF
7. BRUIKBARE WEBWERWE
- Aanlyn eredienste. Kyk by “Kieskerk” wie wanneer uitsaai: https://kieskerk.com/
- Die Suid-Afrikaanse regering se amptelike koronavirus webwerf: https://sacoronavirus.co.za/
- Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO): https://www.who.int
- Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD): http://www.nicd.ac.za
- Die Sentrum vir Publieke Getuienis het hulle eie webwerf met ’n eie webblad vir Covid-19. Besoek dit gerus vir opdatum berigte en goeie grafika: https://www.publiekegetuienis.org/covid-19
8. BRUIKBARE PRENTE OF “INFO GRAPHICS”
- Die basiese maatreëls van die Regering: Afrikaanse PDF of png, Engelse PDF of png
- Robot grafika om sosiale afstand te verduidelik: Afrikaanse PDF of png, Engelse PDF of png
- Infografika van Adrian Gore (Discovery): Afrikaanse PDF of png, Engelse PDF of png