Toringkerk
Ring: Die Paarl
Inligting soos op: 28 Februarie 2015
Lidmate:
Dooplidmate: | 198 |
Belydende lidmate: | 1114 |
Aantal gedoop: | 6 |
Aantal belydenis afgelê: | 4 |
Wat is na u mening die grootste redes vir die styging of daling in u gemeente se lidmaattal?
DALING: Jongmense wat gemeente verlaat, word nie vervang nie. Jongmense wat met loopbane begin, kan nie akkommodasie in midde-dorp bekostig nie. Vestig hulle aan kante van Paarl. Onaktiewe lidmate word ook van databasis verwyder (lidmate geensins betrokke of sigbaar nie). Behuising in midde-dorp word vervang met besighede.
Predikante en Jeugwerkers
Voltydse predikante: | 2 |
Predikante in termynbetaalde poste: | 2 |
Diensleraars: | 0 |
Betaalde jeugwerkers: | 1 |
Lidmaat betrokkenheid
Aantal kleingroepe in die gemeente: | 20 |
Totale getal mense betrokke by die kleingroepe: | 280 |
Aantal amptelike kerkraadslede: | 9 |
Aantal vrywilligers: | 60 |
Eredienste
Eerste Sondag van Februarie | 208 |
Tweede Sondag van Februarie | 329 |
Derde Sondag van Februarie | 280 |
Vierde Sondag van Februarie | 404 |
Gemiddelde bywoning | 23.27 |
Website: http://www.toringkerk.co.za/
Sosiale Media:
Facebook: ng gemeente Toringkerk
Twitter: @toringkerk
Notas of Kommentaar
(1) HOOGTEPUNTE:
Aanddienste is terug in heerlike gespreksformaat. Nuwe energie wat besig is om los te kom in eredienste/meer menslikheid ontwikkel. Gemeentekamp naby Greyton. Nuwe jong leraars – vars briesie, nuwe idees en gedagtes. Spesiale eredienste per kwartaal bied verdieping in prediking. Ds Jaco Thom het ‘n nuwe blog begin. Toename in die jongmens bywoning van dienste en betrokkenheid.
(2) UITDAGINGS:
Nuwe (onafhanklike) diensorganisasies/kerke wat in omgewing ontstaan. Gemeentebetrokkenheid moet vermeerder bo en behalwe kleingroep betrokkenheid. Bemarking van betrokke dienste. Bemarking en uitbreiding van Kuier-en-Klets Klub (bejaardes).
(3) BEDIENINGE/PROJEKTE:
*Barmhartigheid:
– Kospakkies word op ‘n gereelde basis aan behoeftige lidmate verskaf.
– Betrokke by ‘n kinderstraatbediening bekend as Danny se Juniors.
– Ons en ACVV werk nou saam om die swaarkry in ons omgewing en groter area te verlig deur skenkings, geldelik en anders dwarsdeur die jaar.
– Die Paarl Jeuginisiatief is waar ons die kinders van die omgewing van die strate afhou in die vakansie. Ons gee twee etes en speel en leer saam oor Jesus.
– Op ‘n kwartaallikse basis word daar uitgereik na die omgewing se ouetehuise (Rusoord), waar ons iets spesiaals vir hulle doen.
*Getuienis:
– Betrokke by 2 voltydse sendelinge – Wessel Cronje (Moslembediening in Durban) en Wolf Cilliers (sendeling in Madagaskar).
– Paarl Jeuginisiatief se uitreik na plaaskinders waarby die tieners betrokke is/woordverkondiging.
– Betrokke by Mbekweni Sending Aksie in die Paarl.
*Toerusting:
– Ons het ‘n Bybelskool.
– Ons volg ‘n geïntegreerde program waar preke en kleingroepe oor dieselfde skrifgedeelte nadink.
– Ons doen vanjaar “40 dae na Vreugde” in 2de kwartaal.
*Gemeentebediening:
– Volwasse kleingroepe: Ons volwasse kleingroepe kom weekliks bymekaar (bymekaarkomtye word bepaal deur onderskeie groepe). Daar is op Sondae en Maandae ‘n geleentheid vir die leiers om saam met die dominees deur die kleingroepinhoud te werk ter voorbereiding. In 2014 was die inhoud van die kleingroepmateriaal gebaseer op die leesrooster, soos ook die eredienste. In 2015 behandel ons in beide die eredienste en kleingroepe spesifieke temas soos bepaal deur die leraars.
– Jeugwerk: Op Sondae gaan die kinders eers saam met hul ouers kerk toe vir ‘n kort gedeelte van die diens, waarna hulle uitbeweeg na hul kleingroepe vir kategese. In 2014 het ons Kontak kategese materiaal gebruik, en in 2015 begin met ‘n reeks van Odos. Die kinders neem twee maal per jaar aan ‘n uitreik deel. Dit behels die uitdeel van ‘n Bybelteks en ietsie lekkers aan lede van die publiek in die winkels rondom die kerk. Verder is hulle ook betrokke by ons skoenbokse vir Kersfees projek. Die tieners (Gr. 7-11) kom op Dinsdagaande bymekaar, en sluit ons dooplidmate, sowel as kinders van omliggende koshuise in. Hulle het in 2014 Kontak kategese materiaal gebruik in hul kleingroepe, en het hierdie jaar oorgeskakel na Bybelmedia se GPS reeks. Die tieners het 1-2 uitreike per kwartaal waaraan hulle kan deelneem, onder andere kwartaallikse besoeke aan Rusoord ouetehuis en vakansieklubs wat hulle aanbied gedurende die Junie vakansie. Ons jaarlikse jeugafsluiting is altyd ‘n projek waar ons uitreik na die behoeftige gemeenskap.
*Ondersteuning:
– Ons eiendomme is in goeie kondisie/onderhoud word op ‘n gereelde en stelselmatige manier volgehou.
– Ons het in 2014 die langverwagte gedenkmuur met die toestemming van die Erfenisraad van Wes-Kaap opgerig.
– Ons is ‘n bevoorregte gemeente wat nog voldoende fondse het om voort te gaan met die verspreiding van God se Woord en die uitleef van Sy voorbeeld.
(4) WAT GEBEUR IN DIE GEMEENSKAP EN OMGEWING?
Toringkerk is in die midde-dorp (Paarl) geleë. Van die behuising word ingeneem deur besighede. Die tradisionele gemeentelede verminder en ander denominasies en bevolkingsgroepe neem toe in die midde-dorp. Hier word ‘n geleentheid geskep vir uitreik/sendingwerk doen onder die immigrante.
(5) FOKUS EN PRIORITEITE VIR 2015:
– Gemeentebetrokkenheid: uitbreiding, bemarking en bemagtiging.
– Jongmensfokus
– Gemeentestrukture moet in plek gestel word
– Diensgroepe moet beter ontwikkel word
(6) ANDER SAKE:
Aangesien ons gemeenteraad tans nie dieselfde lyk as die nuwe voorskrifte van die Reglement van Orde nie, gaan ons met die verkiesing van Toringkerk se nuwe gemeenteraad, die nodige aanpassings en uitbreidings doen.