Vorm vir Kerklike Statistiek

Ottery

Ring: Wynberg

Inligting soos op: 28 Februarie 2015

Lidmate:

Dooplidmate: 0
Belydende lidmate: 99
Aantal gedoop: 1
Aantal belydenis afgelê: 0

Wat is na u mening die grootste redes vir die styging of daling in u gemeente se lidmaattal?

Meestal ouer mense.

Predikante en Jeugwerkers

Voltydse predikante: 0
Predikante in termynbetaalde poste: 1
Diensleraars: 1
Betaalde jeugwerkers: 0

Lidmaat betrokkenheid

Aantal kleingroepe in die gemeente: 1
Totale getal mense betrokke by die kleingroepe: 6
Aantal amptelike kerkraadslede: 8
Aantal vrywilligers: 1

Eredienste

Eerste Sondag van Februarie 34
Tweede Sondag van Februarie 28
Derde Sondag van Februarie 36
Vierde Sondag van Februarie 25
Gemiddelde bywoning 31.06

Notas of Kommentaar

(1) HOOGTEPUNTE:
Ons is besig om hande te vat met ons Liberty Faith Ministries familie. Hulle maak reeds van verlede jaar af van ons kerkgebou gebruik om hul eredienste te hou. Ons het onlangs begin agterkom dat nuwe energie loskom as ons dinge (bv. eredienste en sosiale byeenkomste) saam met hulle hou. Verskillende kulture, verskillende spiritualiteite, verskillende maniere van dien en doen, wdersydse liefde en waardering – en dit maak deure oop.
(2) UITDAGINGS:
Nie net is ons min lidmate nie… Die meeste van ons lidmate is ouer mense wat beteken die gees is in sommige van hierdie gevalle baie gewillig, maar nie die vlees nie. Finansies bly ook maar ‘n uitdaging.
Grootste uitdaging: Om braaf en vreesloos dissipel te wees in ons omgewing.
(3) BEDIENINGE/PROJEKTE:
*Barmhartigheid:
As bybelstudiegroep reik ons uit na lidmate binne-in die gemeente wat nie meer by eredienste kan uitkom nie, maar ons het onlangs die besluit gemaak dan ons ook meer wil uitreik na ons omgewing.
Die predikant doen huisbesoek en siekebesoek.
*Getuienis:
– Ons het onlangs uitgereik na bejaardes in Lotusrivier Bejaarde Huis. Ons beoog om dit ‘n gereelde projek te maak.
– Ons het ook nou ‘n vrywilliger in die gemeente wat gaan uitreik na die nuwe woonstelblok wat onlangs naby ons kerkgebou opgerig is.
(4) WAT GEBEUR IN DIE GEMEENSKAP EN OMGEWING?
Misdaad neem toe.
(5) FOKUS EN PRIORITEITE VIR 2015:
Om buite die boks te begin dink i.t.v. eredienste en aanbieding van eredienste. Lotusrivier en Grassy Park is belangrike areas waarna ons sal moet begin kyk. Dalk by die skole begin en kinders probeer bereik.

Terug na lys van gemeentes.