Cape Peninsula Reformed Church
Ring: Kaap die Goeie Hoop
Inligting soos op: 28 Februarie 2015
Lidmate:
Dooplidmate: | 10 |
Belydende lidmate: | 72 |
Aantal gedoop: | 0 |
Aantal belydenis afgelê: | 3 |
Wat is na u mening die grootste redes vir die styging of daling in u gemeente se lidmaattal?
Vir die stemming oor Artikel 1 insake die Belhar belydenis, moes ons seker maak van mense op ons lidmaatregister – is hulle nogsteeds lidmate waarvan sommige nooit kerk toe kom nie? Ons het toe besef dat 26 van diegene wat steeds op ons lidmaatregister was, nie meer lidmate van ons gemeente was nie. Die getal belydende lidmate in 2015 (72) teenoor 98 in 2014, is dus die regte aantal lidmate.
Predikante en Jeugwerkers
Voltydse predikante: | 1 |
Predikante in termynbetaalde poste: | 0 |
Diensleraars: | 0 |
Betaalde jeugwerkers: | 0 |
Lidmaat betrokkenheid
Aantal kleingroepe in die gemeente: | 2 |
Totale getal mense betrokke by die kleingroepe: | 11 |
Aantal amptelike kerkraadslede: | 8 |
Aantal vrywilligers: | 11 |
Eredienste
Eerste Sondag van Februarie | 34 |
Tweede Sondag van Februarie | 45 |
Derde Sondag van Februarie | 42 |
Vierde Sondag van Februarie | 39 |
Gemiddelde bywoning | 48.78 |
Notas of Kommentaar
(1) HOOGTEPUNTE:
Thanksgiving Sunday op eerste Sondag van September.
(2) UITDAGINGS:
Om uit te reik na gemeenskap rondom die CPRC-kerk. Daar bly baie werkende jong mense en student. Die meeste van ons lidmate kom nie uit ons onmiddellike omgewing nie, maar ry 10 km of meer na ons kerk toe.
(3) BEDIENINGE/PROJEKTE:
*Barmhartigheid:
4 Projekte nl:
– Benevolent Fund (wat gebruik word om mense binne en buite CPRC finansieel by te staan).
– Survival Kit (‘n skoendoos met blikkieskos, ens. vir mense wat by ons kom kos of geld vra).
– Dorcas Box (‘n kartondoos in kerk se voorportaal waarin mense blikkieskkos, ens. kan neersit wat gebruik word vir Survival Kits).
– Bread for Life (op Woensdae om 17:30 word ongeveer 150 straatmense ‘n warm bord kos gegee, nadat hulle ‘n diens in die kerk bygewoon het. Ons werk met vrywilligers buite ons kerk, wat onder leiding van mnr Johnny Papadakis, by skenkers die kos in die hande kry en Woensdae dit in ons kombuis opwarm en uitdeel).
*Getuienis:
Sien “barmhartigheid”.
*Toerusting:
In erediens en huisgroepe.
*Gemeentebediening:
In erediens en huisgroepe, en jeugwerk deur middel van kategese Sondae by kerk – kinders.
(4) FOKUS EN PRIORITEITE VIR 2015:
Ons focus in 2015 daarop om ‘n bediening tot stand te bring wat gerig is op werkende mense in die ouderdomsgroep 18-35, wat in die omgewing bly – sonder om iemand wat nie in hierdie groep is, uit te sluit.