Vorm vir Kerklike Statistiek

Durbanville

Ring: Durbanville

Inligting soos op: 28 Februarie 2024

Lidmate:

Dooplidmate: 891
Belydende lidmate: 2370
Aantal gedoop: 38
Aantal belydenis afgelê: 41

Wat is na u mening die grootste redes vir die styging of daling in u gemeente se lidmaattal?

Predikante en Jeugwerkers

Voltydse predikante: 2
Predikante in termynbetaalde poste: 1
Diensleraars: 1
Betaalde jeugwerkers: 1

Lidmaat betrokkenheid

Aantal kleingroepe in die gemeente: 9
Totale getal mense betrokke by die kleingroepe: 98
Aantal amptelike kerkraadslede: 16
Aantal vrywilligers: 61

Eredienste

Eerste Sondag van Februarie 1037
Tweede Sondag van Februarie 873
Derde Sondag van Februarie 724
Vierde Sondag van Februarie 472
Gemiddelde bywoning 23.81

Website: https://www.durbanvillegemeente.co.za/
Sosiale Media:

Facebook : Durbanville Gemeente, Durbanville Gemeente LEEF
Instagram : @durbanvillegemeente, @dgleef
Youtube Kanaal : Durbanville Gemeente NGK, Toepassing : @dg_leef

Notas of Kommentaar

Die verlede het ons gemeente geleer dat kleingroepe van ouds veral na Covid nie meer soos van ouds funksioneer nie. Kleingroepe funksioneer by ons as ‘n groep waar gemeenskap van gelowiges bymekaar kan kom en tuis kan voel – verhoudings kan bou. Al is dit soms vir ‘n korter rukkie deur die jaar.

Daarom sien ons deesdae eerder groepe wat tydens verskeie bymekaarkom geleenthede deur die jaar, as ‘n ‘kleingroep’. Hulle kom nie noodwende elke week bymekaar nie. Hier word geestelik gegroei, nuwe verhoudings gevorm en uit dit kan weer iets anders ontstaan. OF vir ‘n tyd van ‘n 5 weke kursus is lidmate/nie-lidmate byeen, sien mekaar na afloop van die kursus mekaar dan weer by bv. eredienste, basaars ens. OF Daar mag selfs ‘n Bybelstudiegroep/kleingroep hieruit ontstaan later ontstaan. Of Hulle kom sluit weer aan by die volgende kursus of boekbespreking wat aangebied word.

Dus: Kleingroepe van ouds lyk anders by Durbanville Gemeente. Dit neem o.a. die vorm aan van kursusse, boekbesprekings, basaar, Bybelstudie, eredienste, bely en beliggaam (jong volw), aktuele gesprekke, nuwe intrekkers verwelkoming, Leefgroepe en Leefkids op Sondae, ens.

Terug na lys van gemeentes.